Design a site like this with WordPress.com
Get started

Ons vernielde geliefde land:

ek wil hartstogtelik ten hemele gil oor die verval

van my eens pragtige melk en heuningland                    

bloeiend steen vir steen rot en kaal gesteel               

en vlam-verskroeid in rommelstatus gedompel  

           

magsbehep speel stupid-slim sirkusnarre              

en geldhonger godlose partye ‘n titaniese        

voetbalwedstryd met ons ekonomiese welstand             

onmoontlik terugbetaalbare lenings wyd en syd             

aangegaan gaan ons duur te staan kom      

ek gil kragteloos oor pankop poetin en president

pearly smiles se vodka en sigaarkuiers

kommerwekkend kommunisties is SA uitverkoop 

aan kuba en rusland in ondeurdagte dobbelspel    

ek gil skril oor die eens brandende fakkelvlam

meesterlik militaristies het diktators dit 

met maskerade en marionettespel verskree tot

bekihou-sjarrapstilte

dis nie moeilik om te sien dat ons blindelings aan

die neus gelei word met soete valse beloftes          

van beter dae vir onse volk en vaderland        

2 responses to “Ons vernielde geliefde land:

  1. Onmoontlik om op te bou met niks om mee te werk nie. Ek gil en huil saam jou, hoekom, hoekom?

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die saamlees en saamstem.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: