soveel natuur-vreugde te vind
soveel prag te sien
*
sien die mooie natuur
sien sy mooie prag
*
prag wat jou siel aanraak
prag om te geniet
*
geniet God se geskenk
geniet dier en veld
*
veldvol pronk groene gras
veldvol die malse geluk
*
gelukstye in veld spandeer
gelukstuin so groen daarbuite
*
daarbuite wil ek wees
daarbuite waar blomme dans
*
dans-dans wil ek juig
dansend vind ek vrede
*
vrede gevind in veld
vredevol vind ek lewenskrag
*
kragdadig waai vars lug
kraggevuld is ek aangetas
*
aangetas deur die skoonheid
aangetaste skoon lug ingeasem
*
asem wind-gegeurde skoon reuke
asemdiep val siels-asem sag
*
sag moet jy wandel
sag omgaan met veldblom
*
blomme kleur lewe mooi
blomme wat tafels tooi
*
tooi met windstrelende lugstrooisels
tooi jou in natuurblaar-kleure
*
kleure wat feesvierend juig
kleure vir jou genot
*
geniet dit jóú gebied
genotkuiers as jy kom
*
kom kyk wat jy mis
kom sien die mooi
*
mooi uit die Vaderhand
mooi is dit sowaar
*
sowaar waar veld juig
waar Sy wondertuin wag
*
wag daar groene rus
wag ‘n ware tuin-droom
*
dromend uitgelê deur God
droom-strome gevulde oorloops-geluk
*
geluk balanseer vrylik asemhaal
geluk is totale asemhaal-stilte
*
asemhaal asemhaal-stilte
Leave a Reply