nêrens anders soveel vreugde te vind
nêrens anders soveel prag te sien
******************************************
sien elke dag God se wonders om jou raak
sien hoe spog die natuur in al sy glorie en prag
*********************************************
prag wat tot diep binne-in jou siel spreek
prag verniet vir jou en my om te geniet
********************************************
geniet God se gratis geskenk aan my en jou
geniet die wondermooie prag van dier en veld
*******************************************
veldvol pronk groene gras, bome en blomme
veldvol dans en spring diere alte mals van geluk
********************************************
geluk is om tyd buite in die vrye veld te spandeer
geluk is te vind in die groene prag daarbuite
*********************************************
daarbuite in die pragtige natuur tussen blom en dier
daarbuite wil ek wees tussen vrolike blom wat dans
***********************************************
dans-dans van vreugde buite in die veld wil ek juig
dansend uit my vel verheugd vind ek rus en vrede
*************************************************
vrede vind ek in die vrye veld met sy vars skoon lug
vredevol vind my siel rus en kry ek nuwe krag
********************************************
krag pomp bruisend deur my are in die skone veld
kraggevuld word my hart fris deur ‘n vars bries aangetas
*************************************************
aangetas en beslis nie onaangeraak deur die skoonheid
aangetas tintel al my sintuie as ek suiwer skoon lug inasem
**********************************************
asem die geur van blom en boom tot diep binne jou siel in
asem in die wind se geure as hy dit oor jou waai so sag
*************************************************
sag moet jy mensekind asseblief tog wandel in die natuur
sag moet jy asseblief omgaan met dier en boom en blom
**************************************************
blomme gee jou soveel plesier en kleur jou lewe so mooi
blomme om tuin en veld te verfraai en jou tafel te tooi
*************************************************
tooi jou met lewenspret as die wind se asem oor jou waai
tooi jou sielsbly in die malse natuur se vreugdevolle kleure
*******************************************************
kleure wat jou sintuie speels nooi om saam fees te vier
kleure so mooi roep jou dansend om dit saam te kom geniet
********************************************************
geniet elke dag die vryheid wat die ope veld jou bied
geniet dit en bewaar dit vir die nageslag wat kom
*****************************************************
kom saam met my na buite en kom kyk wat jy mis
kom uit jou huis en los tuis jou stres en kom kyk na die mooi
*******************************************************
mooi is elke blom en boom geskep uit die grote Vaderhand
mooi sal jy nêrens anders vind al soek jy ook nou waar
********************************************************
waar anders vind jy rus en kalmte as in die mooie natuur
waar anders as by die Skepper se Psalms 23 mooie wondertuin
********************************************************
wondertuin so groot en vol ontdekkings wat wag vir jou en my
wondertuin se fauna en flora wat jou roep om te kom droom
***********************************************************
droom vrylik in malse groene veld en gee jou drome vir die wind
droom en dans laggend in oop skoon ruimtes tot jy oorloop van geluk
************************************************************
geluk is te vind waar geen rook trek en waar jy vrylik kan asemhaal
geluk is waar niks die sielerus versteur, daar’s te vind asemhaal-stilte
***************************************************************
asemhaal asemhaal-stilte
Leave a Reply