Elke Jan Rap en sy maat is deesdae
mos nou ‘n kenner op elke gebied
Google gee hul nuutgevonde wysheid.
Glo jy dié dokter sterf jy sommer gou
neem dié raad liewers met ‘n knippie sout.
Met hul vingers op dié toetsbord-knoppies
is hul Wikipedia slim ingelig
moet tog nie met hul stry – jy sal verlóór!
Hul glo dat hul met Google ver sal kom –
Wie is jy nóú om met hul te verskil?
Met skrefies-oë vasgenael op die skerm
bly hul search van die môre tot die aand
Google gee hul nuutgevonde wysheid.
Algaande skei laptop hul van hul maat
geen verhouding kan daarmee kompeteer.
Hallo sê is ‘n groot rooi gevaar, pel,
laatnag geselsies met ‘n ander mens
lei jou gou tot ‘n Facebook affair.
Hallo op Messenger wys jy’s gehack
bitterslim is die onsigbare skelms.
Koop en verkoop op Gumtree ‘n lokval –
jou besitting gesteel en jy vermoor.
Google gee hul nuutgevonde wysheid.
Die beste is om jou kop te gebruik
en te dink voor jy comment op alles
Shut up eerder – ‘n toe bek bly dan heel
Google gee hul nuutgevonde wysheid.
Leave a Reply