Die bankbestuurder gee my sy seëning
op my aansoek om nog ‘n miljoen rand lening
Hy’t saam gedroom oor die maak van mega million bucks
Maar nou’t ek als verloor en moet vir hom duck,
want sien lady luck het teen my gedraai,
nou’s dit die casino-baas wat oor my geld koning kraai.
Die droogte het gekom en my diere het gevrek,
desperaat het ek by die bank gaan geld trek,
maar ek is weggejaag met ‘n voertsek.
Toe moes ek gaan dobbel om my plaas te red,
dit was die laaste spyker vir hierdie ou perd.
Ek’t als verloor – als verkwis en weggedobbel – down the drain.
Ek’s suf gedink aan planne – leeg is my brain.
Lening op lening het my nou kniediep in die verknorsing
Die bankbestuurder ween oor die bankgeld se vermorsing.
Nou wil die bankbestuurder my stenig,
want ek kan nie meer betaal op my lening.
Ja, ek is so diep in die pekel
en die bankbestuurder wil nie meer met my kekkel
ne, hy het ontwikkel aan my ‘n erge kwaai hekel.
Hy groet en gesels nie meer met my, maar hap en byt na my.
Ek het mos al die bank se geld weggedobbel en weggesmyt
Leave a Reply