Na aanleiding van Charlize Theron wat gesê het net 44 mense praat Afrikaans.
Gedig 1:
Los my taal!
Met moedersmelk ingekry.
As baba kwylbek Afrikaans geuiter.
Dit sal ek praat tot my dood.
My taal het ek lief.
Trots praat en skryf ek my taal.
Suiwer vloei vreugde deur my Afrikaner-are.
Viva Afrikaans my taal!
_________________________________________________________
Gedig 2:
Waar kry jy ‘n mooier taal?
Wat dromend uitbars in rym.
‘n Taal so skeppend neergepen
in die mooiste woordsketsende stories.
*
Afrikaans laat ‘n ieder en elk
vrolik lippeklap met sy unieke klank.
Ewig sal Afrikaans wals oor my tong.
_________________________________________________________
Gedig 3:
Charlize van Benoni verseg om
Afrikaans te praat
Ou girl, ek sal Afrikaans praat
met die grootste trots,
solank ek leef.
*
Hou jou maar smart
daar tussen die high
and mighty Engelse
Jy het mos vergeet …
Afrikaans het jou geskool.
_________________________________________________________
Gedig 4:
My taal sal ek nie verraai.
Ek bou sommer my eie Taalmonument,
sit ‘n groot Afrikaanse banier op my muur.
Met trots wil ek wys dis my taal.
Afrikaans het my woordeliks gevorm
Fier staan ek vir Afrikaans
Salute Afrikaans ! _________________________________________________________
Leave a Reply