ons twee toer graag in ons mooie land
wyd en syd reis ons alte lekker rond
van die mooie Karoo tot die Suid-Kaap
van die Weskus tot die Oos-Kaap en
tot die Noord-Kaap het ons al verken
vele mooi plekke is besoek en beleef
op elke reis het ons soveel mooi kosbare
reisherinneringe bymekaar gemaak
herinneringe wat ons altyd sal bybly
soveel gesiende reiservarings is gekiek
*
na ‘n heerlike toer is ons veilig terug
tuis by ons nessie, verkwik en uitgerus
sit ons dromend op die stoep en terugdink
aan al die lekker dinge op ons reis beleef
droommooi foto’s neem ons weer terug
na al die mooie plekke en die onvergeetlike
en lekker belewenisse wat ons siel gevoed het
*
sittend op die stoep met reistydskrifte in die hand
vol van die allerheerlikste bestemmings in ons land
smag ons gou weer na ons volgende wegbreek
in ons sonskynland is daar is nog soveel mooi plekke
wat wag om deur ons gesien en verken te word
in Natal is daar die lokkende kus en groen koringlande
die Vrystaat vlaktes en geurige Bloemfontein rose wag
die trotse en majestueuse Drakensberge roep ons
*
daar is nog soveel ander mooi besienswaardige
plekke om te gaan verken in hierdie wonderskone
geliefde hartsland van ons wat soveel het om aan
te bied aan die gretige “ontdekkingsreisiger” wat altyd
op soek is na sielsverykende en onvergeetlike ervarings
Leave a Reply