Opgedra aan my jongste seun
Kleine hartskabouter
as troetelnaam Renolsie Kapolsie
Perfekte patroon uitgeknip jou pa
Onnutsig en vol streke
Lief het ons jou hartstogtelik baie
Stoute grapkasseun van ons
Innerlik druktroetel ons koesterend
Elke kosbare oomblik saam met jou.
Voetnota: Gedig vir my jongste seun oor hoe ek hom soms as kind aangespreek het.
Kebalbsie (Akrostieke gedig):
‘n Gedig opgedra aan my oudste seun:
Kleine rakker
eens gewees
baie jare terug
Albsie Kebalbsie
Liefdesvertroetelend genoem
Blouoog ons blondekopknaap
So spoedsnellend opgegroei
In ‘n oogwink weg die woelwater
en nou ‘n komkyk alte oulike grootman.
Voetnota: Gedig opgedra aan my oudste seun oor die troetelnaam wat ek hom soms as kind genoem het.
Leave a Reply