Design a site like this with WordPress.com
Get started

Kapolsie (Akrostieke gedig):

Opgedra aan my jongste seun

Kleine hartskabouter

as troetelnaam Renolsie Kapolsie

Perfekte patroon uitgeknip jou pa

Onnutsig en vol streke

Lief het ons jou hartstogtelik baie

Stoute grapkasseun van ons

Innerlik druktroetel ons koesterend

Elke kosbare oomblik saam met jou.

Voetnota:  Gedig vir my jongste seun oor hoe ek hom soms as kind aangespreek het.

Kebalbsie (Akrostieke gedig):

‘n Gedig opgedra aan my oudste seun:

Kleine rakker

eens gewees

baie jare terug

Albsie Kebalbsie

Liefdesvertroetelend genoem

Blouoog ons blondekopknaap

So spoedsnellend opgegroei

In ‘n oogwink weg die woelwater

en nou ‘n komkyk alte oulike grootman.

Voetnota:  Gedig opgedra aan my oudste seun oor die troetelnaam wat ek hom soms as kind genoem het. 

2 responses to “Kapolsie (Akrostieke gedig):

  1. Dis te dierbaar vir woorde om sulke spesiale naampies vir hul te gee. Amelia hier by my noem ek mielie mieliepit.

    Liked by 1 person

    1. Mielie Mieliepit is ook te cute. Dis lekker. Dankie vir die saamlees.

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: