Helder vrolik lag die gele son,
sy strale dans ligvoets in die baan,
blomme lig wiegend na die ligbron.
Helder vrolik lag die gele son,
blomme dans kleurvol te jolig rond
en pronk mals bly in prag oor die laan.
Helder vrolik lag die gele son,
sy strale dans ligvoets in die baan.