As liefde breek:

Rooi, skarlakenrooi is jou vaarwelsê kaart

waarmee jy helskerp woorde dolke na my gooi

vuurwarm vlymskerp gifpyle tref my hart

soetsuur vrank jou afskeidsoen waarmee jy my looi

Gebroke, verpletter tot in my gees, rukkend

stroom uit my hartspyn uit vuurwarm trane

soos lopende oop krane

nes ‘n opgebruikte lappop is ek stukkend

Wetend,dis finaal, jy’t jou tasse gepak

en my komkommerkoel vaarwel geroep

my sonder om te blik of bloos gelos op die stoep

waar ek nou sit met afgestorwe liefde op die rak

Sielsverlorend alleen, weggesmyt

hartverskeurend seer in smart gelaat

my geliefde het my lewendig verlaat

ek is hom vir altyd en ewig kwyt.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: