Blou is die pynkleur van onthou
aan ons wonderlike tye saam.
Die blou reen laat dink my hartseer aan jou.
Ek wil ons herinneringe vir ewig raam.
Ek het gedink ons was vir ewig lief
gebind as eenheid tot ware geluk.
Jy’t my verlaat en gelos met ‘n sware juk.
Ek’s geskat minder werd as jou Delila dief.
Hoe kon jy my liefdevol soen?
Terwyl jy weet ons is nie meer
My hart verstaan nie hoe jy dit kon doen.
Ek moet lewe met jy kom nie weer
Foto’s le aan skerwe aan my voete.
Vertrap is alle saamwees drome.
Vuurwarm pyntrane word verdoesel met rome.
Ek alleen stap tegemoet ‘n blouswart roete.
One response to “Blou is my hart:”
🤗⚘
LikeLiked by 1 person