Ons warm somerliefde is weg soos ysmis.
Die goue sontraallig daaroor het gekwyn
en my weerloos gelos in eensame yskoelte beslis.
Die soetlekker van saamwees het so snel verdwyn.
Herinneringe aan ons tere lente storie, eens geboek
los my sielsmagtend in hierdie grys nagtelike uur
verlangend na ons erotiese samesyn, koud soekend
na hartstroos in rooiwyn voor die winter kaggelvuur.
Soos herfsblare daarbuite veelkleurig val
bêre ek ons liefdes reis se foto’s diep weg om te vergeel.
Ek’s gekneus en seer, maar sal nie bitter vergal,
my lewende dooie hart sal met tyd weer heel.
Pynlike hartseer het my wel gebreek,
maar dit sal nie die eindfluitjie op my lewe spreek.
3 responses to “Pynlike seisoene van ‘n verlore liefde:”
Mens voel die pyn en verlange asook die hartseer. Tog ook n bietjie nostalgie en saamwees. Mooi geskryf.
Baie dankie, suiwer op verbeelding geskrywe. Gelukkig het dit my gespaar gebly. Alle eer aan God. Ander dinge het seergemaak in my kinderjare, maar my verhouding na skool is vandag nog my eggenoot.
LikeLiked by 1 person
as die rowe van genesing eers afval, bly daar gewoonlik ‘n merk. Litteken. As die rowe afval en die litteken verskyn, is die herhinnering nog daar maar die pyn het verdwyn. Dis wanneer mens kies of die herhinnering sal wees om die mooi van warm samesyn te onthou, en selfs weer waag om lief te he
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, die was suiwer verbeelding. Kalwerliefde op skool en ouerliefde was maar min, maar gelukkig te danke aan ons Liewe Vader het my verhouding na skool gelei tot ‘n gelukkige huwelik met my eggenoot vir amper 32 jaar al.
LikeLike