Ragfyne, jong liefde:

Casanova, jy het my meesterlik bekoor.

Jy’t met magiese towerkragte

jou liefdes doepa oor my gestrooi.

Ek swewe weerloos bedwelmd in suiwer erotiese liefdesdampe .

O, Romeo, ek,Juliet, verdrink gulsig

mals verlief aan jou verleidelike

love potion,

nes ‘n lam ter slagting is ek getref

deur Cupido se liefdespyle.

Pure Don Juan, het jy jou troefkaart

gespeel ,

binne ‘n maand ewige trou aan my beloof,

deur my te ketting aan jou,

met ‘n ring aan my vinger.

Dit verseël met jou warm rooskleurige

lippe en mondelings gesweer,

met jou hand op jou hart,

ek’s die een, die enigste vir jou.

Hey Casonova,  is jy for real?

Of speel jy my soos ‘n poppemeester?

As marionet gewillig verlei in jou arms?

Net nog ‘n meisie op jou kerfstok?

Of het jy regtig so gou vir my geval?

Vergewe tog my kwellinge,

jou vele vorige meisies,

en ons vuurwarm emosies

wek vertwyfelinge,

dat seerkry dalk mag wag.

My polsende hart is immers op die spel.

Ek smeek jou moenie met my brose

hart speel nie,

Moenie die draak steek met liefde

en as wolf in skaapsklere paradeer.

Daar is te veel op die spel,

as jy my los, kan my hart in duisend

stukkies breek.

Jou stroopsoet nektarsoene

laat die hemelruim ontplof

in ‘n kaleidoskoop van kleure.

Skoenlappersag is ons liefde

Ragfyn en rooskleurig my drome,

geweef om jou in my lewe.

Jy, my, griekse god,

jy maak my knieë lam.

Jou tere hande laat my sinne duisel,

ek’s vasgevang in jou spel,

Lawende warm tintelend bruis

die magiese liefde,

vuurwarm rooi deur my are.

Hou my vas, beskerm asseblief

getrou my hart.

My Casonova, soos jy plegtig belowe

het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: