Gedig herskryf vir ‘n oefenlopie om sekere gedig stylfigure te bevat en dit te verkort.
Dit storm, donder, knetter en blits rondom my.
Die lug is vol dreigende statiese elektrisiteit.
Dreigend, afstormend op die aardbodem.
O, hoe fladder my bang hart beangs soekend
na ‘n wegkruipplek waarheen ek kan vlug.
Blitswit, skitterblink kettings kloof
kettingstrale al klowend deur die lug
Skelluidende donderslae kreun en dreun
al kliefende, pers donderend op my oor neer.
Vlug, gooi toe die spieëls en bly weg van
deuropeninge.
O donderde blitse, waarheen kan ek vlug?
Kindertydse sprokiereus befoeterd
al skellend weer meubels aan die uitfoeter
troostende wolkombers kinderangs se teenvoeter.
O, ek weet God sal my bewaar
van gevaar.
Dit kan maar knetter en blits en storm
rondom my, ek sal nie vlug.
Opeens is als verby…
Kan dit wees? Is dit waar?
Ja, so waar, hoor hoe kalmerend
val saggies die Heer se genadereën
na die ontsaglike aanvallende bangmaakstrale
van die knetterende bloustorm.
Sprokiereus sielverdrietig, ween
vallende skaam jammer spitter-spat trane
Spierwitbruisend, dankbaar suigend, groenruikend,
juig die aarde oor kalme proeende bloulawende
waterstrome.
4 responses to “Stormblitse en donderkreune:”
Sjoe, ek voel die angs wat in jou opwel , later bedaar en dan weer rustig word.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die saamvoel en saamlees.
LikeLiked by 1 person
Baie goed beskryf
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike