‘n Vars nuwe gedig.
Spookasemwolke,
spierwit dragtig geswolle,
vol beloftes van borrelende
blou soetsmakende huppelende
reëndruppels wat dansend
al vallende drup-drup neerbonsend
die ganse aarde spitter-spattend wil begroet
Spookasemwolke al drywend
in die bloue hemel, fluister vreugde blywend.
Spookasemwolke, skilder tower sketse
uit die Skepperhand se magiese kwas ge-ets.
Witte wasemrige watte wolke loer wondermooi
na mens en dier om hul te bekoor
en prettig die aarde te tooi.
Spookasemwolke beloof ‘n fees
van skoonwas en groei vir natuur en gees.
Los die sambreel en jas,
maak los jou das
kom proe, ruik, lag en dans oopbek in die blink reën
voel vars druppels huppel plonsende seen
op en om jou heen
Spookasemwolke dartel vrolik
al te jolig ‘n vreugdes reëndans
en doen ‘n laaste druppelwals
om te groet met ‘n skitterblink reënboog
‘n Fraaie , vrolike, roomyskleurige lag
vol beloftes van ‘n volgende weersiens prag.
7 responses to “Spookasemwolke”
Dis pragtig beskrywend geskryf. Mens lees jou goevoel van blydskap in die hele gedig. Huppelend en vrolik presies soos so n reentjie kan wees
LikeLiked by 1 person
Baie dankie dat jy dink dis mooi en vir die saamlees.
LikeLike
Groot plesier.
LikeLiked by 1 person
Pragtige skrywe, mens kan dit saam leef, voel en proe. Jy maak Sy hart bly met jou lofgesang
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die kompliment en die saamlees.
LikeLike
Pragtige gedig!😋
LikeLiked by 1 person
Baie dankie.
LikeLike