‘n Koppie koffie kos duur

Vir meer as 2 jaar vandat die Covid-19 pandemie ons land, neem, ons hele wêreld, getref het, was ek kiemvry. Ek was alvanklik gekant teen die inentings, maar het mooi getrou vir al 2 my inspuitings gegaan asook vir my booster. Ek het al die protokolle getrou gevolg van masker dra en groot funksies vermy. Aanvanklik het ek selfs my inkopies alles gejik voor ek dit in die huis ingeneem het. Dan het ek dadelik gaan stort en my klere so gou as moontlik gewas.

Later het ek makker geraak en by vriende gaan kuier toe die vlakke aangepas is, maar in die openbaar het ek nog my masker gedra. Ek was vir ‘n tyd vanjaar met baie vreemde mense in aanraking en het geensins Covid opgetel nie.

Maar nee, gaan kuier net op ‘n middag rustig vir ‘n vriendin om maandelange geselsies op te vang en ‘n koppie koffie te drink. ‘n Hele wyle nadat ons al ‘n hond uit ‘n bos gesels het, sê vriendin sy sukkel met ‘n nasale drup, maar sy kry baie sinus en hooikoors, so sy dink sy is ok. Omrede ek met dieselfde probleem sukkel en paar maande terug by dokter was om te hoor dis chroniese sinus, het ek gedink vriendin is ok. My vorige Covid toetse vir sinusbesoeke aan dokter was altyd skoon asook die slag met my operasie.

Vriendin bel my die volgende dag om te sê sy was dokter toe en toets positief vir Covid. Ek skrik myself in ‘n ander bloedgroep in en begin dadelik google om weer op te vang met die simptome. Lees toe, kan begin 2 – 7 dae siek raak. O my hat, 2 dae later die aand is my keel so seer, my oor wat altyd vog inkry is seer. Besluit sal maar volgende dag dokter toe gaan. Staan die oggend op met fullblown kopverkoue.

Ai, nodeloos om te sê is my toets die slag nie negatief nie. Daardie pennetjie wat nes ‘n swangerskap pennetjie lyk, slaat die rooimerk tot amper heel bo. Met voorskrif onder die blad en gemoed op die grond, duik ek dadelik by die huis in die bed. Boender manlief by die slaapkamer uit om vir 7 dae isolasietyd van bed en tafel geskei te wees. Gelukkig is ons huis van so ‘n aard dat ek ‘n ensuite badkamer het by my kamer. Hy word verban na die spaarslaapkamer en spaarbadkamer. Met sy grote lief moet hy nou in die klein bad plas en sukkel om te was.

Dit voel vreemd om in dieselfde huis as jou man te slaap, maar apart oorkant mekaar met deure in die gang. Geselsies klink so deur die gang langs. Voel vreemd. Genadiglik het manlief sover gesond gebly. Die skeiding is more verby en dan is dit eers operasie groot skoonmaak van my kamer en badkamer en nuwe vars skoon beddegoed voor hy mag terugtrek. Medikasie is klaar en genadiglik is ek 100% beter as wat ek was, dit was net ‘n heavy verkoue. Aan die begin het mense in ICU met asemnood beland en afgesterwe. Ek dank die Vader dat ek maar vir inspuitings gegaan het.

Ek sal nou net weer anti-oksidante moet gaan aankoop, want die koue en minusgrade wag vir ons. Ek wil nie nou ‘n 2de blootstelling aan enige siekte opdoen nie. Nou sal ek weer katvoet wees om by iemand te gaan kuier en om in die winkels in te gaan. Ai toggie, kan Coronna nie wyk nie.

6 responses to “‘n Koppie koffie kos duur”

    • Dankie vir die omgee en boodskap. Ek drink gewoonlik Vit C tydens wintertye, maar het net so dag of drie voor ek siek word het, begin daarmee. Nou ook Zink, Spirulina aan die drinke en dan drink ek sommer van manlief se boegoe tee. Hopelik sal ek dan genoeg my liggaan opbou? Hoop so.

      Like

  1. Ai toggie….ja nee. Baaskind het my aangesteek. Het dit nou al 2x gehad maar danksy die inentings was die ergste die moegheid. Anders was dit dalk hospitaal stories. Is bly jy is nou al beter.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: