Wag wag wag …..
plaas ‘n wag voor jou mond.
Wie het jou die reg gegee
om my seer te maak.



Met jou sensasielus,
smagtend om beter oor
jouself te voel…
versprei jy onwaarhede
met jou skindermond.


Kruisig maar,
gooi maar met
klippe,
wie weet wat jou
nog gaan tref.


Glo my, niemand
is te groot,of te heilig
om te fouteer.
Dis slegs die Heer se
Genade wat jou op die
Regte pad sal hou.

Los my uit,
koop eerder “Die Son”
en bevredig so jou leë
hart en siel.
Glo my dit
sal veiliger vir jou wees,
want deur jou verspreiding van
onwaarhede verloën jy eintlik net
jouself en
vertoon jy jou leë dop
aan ander.

So dink eerder
twee maal …
voor jy praat.
Jou lekkerkry in ander se leed,
sal net tydelik jou leë siel voed,
maar permanent jou naam verkrag.
Geskryf deur: Daisy Juds
So dink eerder
twee maal …
voor jy praat.
Jou lekkerkry in ander se leed,
sal net tydelik jou leë siel voed,
maar permanent jou naam verkrag.
Geskryf deur: Daisy Juds
2 responses to “Geseëlde lippe:”
Stem saam. Daars so baie skinderstories wat mense breek.
LikeLiked by 1 person
👌
LikeLiked by 1 person