Dooie oë van ‘n kind:

Kind met die dooie starende oë,

ek kyk in jou dooie ongefokusde oë…

oë wat ‘n diep pyn weergee…

‘n wêreld van seer verdoof

deur een of ander dwelm.

‘n Dwelm wat jou op ‘n “happy trip”

neem, wat jou seer wegneem…

En ek is tot stomheid geskok,

verslae tot diep in my sielswese,

want alle kinders se oë behoort

te skitter en te blink, vol

lewensvreugde, jul oë behoort

nimmer oud en dood te wees..

Kind met die dooie oë,

jou oë bly karring aan my.

Nog nooit voorheen het ek gekyk

in ‘n kind se dooie oë.

Jy krap in vullisdromme,

nie om kos vir jou honger maag te kry nie;

Nee, jy soek gom, petrol of olie…

net iets om te snuif of om te drink

om van jou seer te ontsnap.

Waarom? Waarom?  O, waarom?

Kind met die dooie oë,

waarom gee jou ma en pa

nie ‘n dooie duit om vir jou?

Waarom lê hul heel moontlik

self dronk of bedwelmd iewers?

Waarom het hul jou gekry?

… Wyl daar soveel smagtende

mense is wat so graag ‘n eie kind wou hê?

Dooie oë, dooie kind, dooie lewe,

dooie wêreld…

My liewe kind, my hart is seer en

bloei vir jou,

want waar gaan jy opeindig?

Nou snuiwend en rokend,

dwalend op straat sonder sorg

en later ‘n dief en heel moontlik

‘n moordenaar,

met ‘n 28 “gangster” merk op jou voorkop.

Dooie oë, dooier oë, dood …. 

dood is jou siel !!

Geskryf deur:  Daisy Juds

2 responses to “Dooie oë van ‘n kind:

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website with WordPress.com
Get started
%d bloggers like this: