Liewe ma, jou begrafnis was baie mooi.
Weereens is dit ‘n bewys gewees van hoe min mense vandag bymekaar uitkom. Soos ons altyd opmerk, sien familie mekaar soms net met troues en begrafnisse. Dit is hartseer, maar tog so waar. Ek het in die kerksaal opgemerk hoe neefs, niggies, tannies heerlike gesprekke voer en hoe traag almal was om uitmekaar te gaan na die tyd. Die geselsies is so lank as moontlik uitgereik.
Nog ‘n ander ding wat ook van die naweek uitstaan vir my, is die tyd wat ek saam met my gesin kon spandeer. Dit was so ‘n lekker naweek saam met my kinders. Ek het heeltyd gebid dat hulle op hul reis hierheen net veilig bewaar moet word en ook gebid dat hul met hul terugreis veilig op die pad sal wees. Ek wens hulle kon nader bly en wens ek kon hulle meer sien. Die naweek het op ‘n hartseer noot begin, maar dit was lekker en so spesiaal.
Die huis is nou weer stil na elkeen se vertrek en die groot kook is oor en die skottelgoed minder. Ek voel so half asof ek in ‘n dwaal is. Ja, nou is ons oud en op die stadium waar die kinders vir mens moet kom kuier. Hoe gou gaan die tyd verby en hoe gou verander mens se seisoene waarin jy verkeer. Eers gaan kuier jy vir ouers en skoonouers, dan kom jou kinders en hulle word groot, verlaat die nes en dan kom kuier hulle vir jou.
10 responses to “Bittersoet oomblikke”
Inderdaad bittersoet oomblikke, Daisy.🌺
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike
Ek het dieselfde ondervinding. My man se kant het baie familie gehad en telkens met n begrafnis het almal van heindr en verre gekom. Dis hartseer maar tog opbeurend almal so te sien gesels en gedagtes uitruil. Sterkte vir jou, dit sal lank vat om weer koers te kry.
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLiked by 1 person
gee jouself tyd om jou voete te vind. Dis belangrik dat jy rou. Nie net oor ma nie maar ook oor verandering van seisoene. En kinders wat ver bly. Ek is bly jy kon die kinders geniet..
LikeLiked by 2 people
Dankie.
LikeLike
Ag ek is jammer om te hoor van jou verlies.
Ja, begrafnisse is ‘n bittersoet geleentheid waar jy afskeid neem, maar waar familielede weer so lekker saamkuier ook.
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike
Begrafnisse….noodsaaklike ritueel sodat familie mekaar onthou. Sterkte vorentoe.
LikeLiked by 1 person
Dankie.
LikeLike