-
ek is maar net ek:
ek’s maar net ‘n plain jane doodgewoon so gemaak en so laat staan dank Vader tog daarvoor vir allerhande grille en fieterjasies het ek tog nimmer tyd of lus waarlik vrou is ek wel soms tog al te fraai opgetooi kunstig ingekleur en opgedollie met poeierkwas *verdoeselpoeier en helderrooi lippies lyk ek ook skoon heel […]
-
Die ou Lizzie is dood:
“Ek laat my nie sê nie! Veral nie van ‘n snotkop soos jy nie. Voertsek! Skoert! Sie, weg is jy! Loop soek skoor op jou se eie werf by jouse ma-goed wat haar so upstairs hou.” Vandat die blerrie kinners nie meer gefoeter word nie, is hulle onmanierlik. Het gun respekte vir ‘n ouer mens […]
-
‘n Malse vrolike sondans:
Helder vrolik lag die gele son, sy strale dans ligvoets in die baan, blomme lig wiegend na die ligbron. Helder vrolik lag die gele son, blomme dans kleurvol te jolig rond en pronk mals bly in prag oor die laan. Helder vrolik lag die gele son, sy strale dans ligvoets in die baan.
-
Hemelse winterreën:
Dis wintertyd en dis yskoud, hoor hoe val die reën daar buite, koud waai die yswind teen my boud. Dis wintertyd en dis yskoud, kry sop en bredie as behoud en haal uit die warme truie. Dis wintertyd en dis yskoud, hoor hoe val die reën daarbuite.
-
Wanneer woorde val:
Wanneer woorde tussen minnaars val, en seermaak spiese word na mekaar gemik om die ander een se hart te kwes, breek daar in duisend stukkies ‘n ragfyne glasbal en soms breek die liefde ook stukkie vir stukkie op. As hul onthits van skok stik kom hul snakkend tot die innerlike besef dat dit wat was, […]
-
As liefde breek:
Rooi, skarlakenrooi is jou vaarwelsê kaart waarmee jy helskerp woorde dolke na my gooi vuurwarm vlymskerp gifpyle tref my hart soetsuur vrank jou afskeidsoen waarmee jy my looi Gebroke, verpletter tot in my gees, rukkend stroom uit my hartspyn uit vuurwarm trane soos lopende oop krane nes ‘n opgebruikte lappop is ek stukkend Wetend,dis finaal, […]
-
Blou is my hart:
Blou is die pynkleur van onthou aan ons wonderlike tye saam. Die blou reen laat dink my hartseer aan jou. Ek wil ons herinneringe vir ewig raam. Ek het gedink ons was vir ewig lief gebind as eenheid tot ware geluk. Jy’t my verlaat en gelos met ‘n sware juk. Ek’s geskat minder werd as […]
-
Pynlike seisoene van ‘n verlore liefde:
Ons warm somerliefde is weg soos ysmis. Die goue sontraallig daaroor het gekwyn en my weerloos gelos in eensame yskoelte beslis. Die soetlekker van saamwees het so snel verdwyn. Herinneringe aan ons tere lente storie, eens geboek los my sielsmagtend in hierdie grys nagtelike uur verlangend na ons erotiese samesyn, koud soekend na hartstroos in […]
-
Stilte
Ek was nou vir lang ruk baie stil en sal nog ruk stil wees en nie so gereeld op julle comments reageer nie. Ons was vir amper 2 weke op vakansie en ek moes deur omtrent 3 000 foto’s werk. My Inbox het oorgeloop. Dis nou uitgesorteer. Wil gou opvang met blog voor buurman-hulle oorkom […]
-
Ragfyne, jong liefde:
Casanova, jy het my meesterlik bekoor. Jy’t met magiese towerkragte jou liefdes doepa oor my gestrooi. Ek swewe weerloos bedwelmd in suiwer erotiese liefdesdampe . O, Romeo, ek,Juliet, verdrink gulsig mals verlief aan jou verleidelike love potion, nes ‘n lam ter slagting is ek getref deur Cupido se liefdespyle. Pure Don Juan, het jy jou […]